18/08/18 - 14:44 PM


Author Topic: Hentiesbaai 2015  (Read 6702 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Koper

  • Jack off all trades and master off none.
  • Administrator
  • Posts: 157
  • Keeper of the Koperclan
Hentiesbaai 2015
« on: March 22, 2015, 07:57:49 PM »

As julle nie die lang weergawe wil lees nie, hier is 'n baie kort opsomming van ons trippie:


visitors can't see pics , please register or login


Ek weet regtig nie waar om te begin om vanjaar se uitstappie te beskryf nie.  Hengel is en sal altyd lekker wees, maar as die vis nie byt nie, of jy vang omtrent net ondermaat vis, dan kan dit verskriklik frustrerend raak.


Nou ja, Vrydagmiddag het ons konvooi weggespring hier vanaf Springbok, Ehrardt en De Jongh het vroeŽr die oggend al vanaf Graafwater area gery tot by my, waar ons die laaste paar goedjies gepak het.  My goed was ook omtrent klaar gepak in Simen se Cruiser, wat ek vir hom moes op ry Swakopmund toe, nadat dit vir 'n paar maande vanaf November hier by my gekuier het.


Ons het vir Kobus hulle in die dorp ontmoet, hulle spannetjie het bestaan uit Kobus en Jannel Zandberg, Rudolf Crafford (Craffie) en Jimmy Dippenaar.  so het ons konvooi toe die pad noorde toe aangevat.  twee van ons is sonder probleme deur die grenspos, maar Kobus hulle loop hulle toe weer vas in regte Afrika tradisie, en moes toe bietjie onderhandel om hul wettige aas deur die grenspos te kry.  Alles is wettig, maar die amptenaar wil nie eens tel nie, sÍ net: Too much, too much.  Geld het toe maar teen wil en dank hande verwissel en Kobus hulle kon ry.


Erens in die nag tussen Keetmanshoop en Marienthal het die Cruiser se ligte ons gefaal, en het die battery doodgetrek, batterye is geruil met die Isuzu, en ons kon die pad verder aandurf.  Gelukkig het die battery gehou vir die res van die nag.


Saterdagoggend het ons so net na sewe Simen se voordeur afgeskop, waarna ons verwelkom is met vars koffie, klomp gesels, en gebraaide worsie en brood vir ontbyt, man was dit nou lekker!  Dankie Simen en Michele vir julle moeite, dis 'n voorreg om julle te ken as vriende.


Op hierdie stadium het die manne se gatte behoorlik beginne jeuk, en die laaste 80 Km Hentiesbaai toe is met 'n ywerige koors aangepak.  Daar gekom, het ons die huis sleutels by Zanelle Cilliers (Cilliers Vakansie Akkomodasie)opgetel, en is ons na ons onderskeie plekke om te gaan afpak en 'n lyn in die water te gaan kry.


Ons het met 'n spoed weggetrek, maar ai, ai die moegheid van die deurnag bestuur het die drie galjoenjagters ingehaal, en ons moes onverrigter sake huis toe keer om te gaan vleis uithaal vir die aand se braai.  Verbeel jou, eerste aand in Hentiesbaai, en ons braai vleis?


Oor die res van die klompie dae se hengel voel ek seker maar dieselfde as die klomp Blou Bul ondersteuners in die land, ons praat nie eintlik graag daaroor nie.  Ons kon geen patroon vasstel oor hoe en waar die vis byt nie, party is gevang op stoot water, ander op sak water, en party sommer op die middag hoog.  Verder as jy 'n gat kry waar daar lewe is, verloop die patroon soos volg, dit klein visse pik jou aas op voordat enige ordentlike size vis 'n draai daar kan maak.  Vir elke tien byte wat jy op jou aas kry, is jy gelukkig as jy een vis aan kry.  Van elkeen van daai visse wat jy aankry, is jy gelukkig as elke 5 de ene miskien maat is.  Uiters frustrerend om so te hengel.


Een van die dae het darem goed vir Ehrardt uitgedraai.  Ons staan die dag en hengel die gewone patroon van klein aas vreterjies by Vaalduintjie/Grysduintjie, toe Ehrardt se stok ewe skielik aarde toe afbeur, Ehrardt tel op en maak vas, en ek en De Jongh kon onmiddellik sien aan die manier waarop hy die vis speel, dat dit nie die gewone norm vis van die trippie is nie.  Minuut of wat later en sy spogvis van die trip lÍ op land.  Let wel, die grootste vis van ons trippie, maar het al groter Henties gallies gesien.  Geluk aan Ehrardt en: Lekker man, lekker!

visitors can't see pics , please register or login


Ehrardt het 'n nuwe stok vir die trip gehad, en ek moet sÍ, die man was mal oor daai stok, sy ander stokke het maar alleen gevoel op die bakkie se dak.  Dit was dan toe ook die Groen Mamba wat die galjoen se tande getrek het.


Die stok is 'n 2-5oz 12vt Sensation DC Oval blank wat deur Craig Neil(CDS Angling Supplies)van Pretoria gebou is in 'n 13vt konfigurasie.  Die stokkie is gepair met 'n Sealine SL30SH, gelaai met Kingfisher Bonded Casting Braid.  Die blank is gerate tot 5oz, maar Ehrardt het lag lag 6oz plus aas gegooi as die water bietjie sterk was.  Daai blank het nie eens geweet van die ekstra gewig nie! Ehrardt was bietjie bang vir die braid na sy vorige ondervind met Spiderwire EZ Braid (paar keer sy vinger amper gegryp), maar die KingFisher Braid en hy het mekaar ordentlik gevind, hy gooi dit dan ook soos gewone lyn, sonder vrees en sommer lekker!


'n Paar foto's van die stokkie.

visitors can't see pics , please register or login



visitors can't see pics , please register or login



Nou my verhaal, heel trip as dit so begin laat die klein vissies jou mal maak, het ek sirkel hoeke aangesit en daarmee gehengel.  Ek was positief ingestel omdat almal so met lof praat van hoe lekker/maklik dit is om met sirkel hoeke galjoen te hengel. Hele paar ondermaat visse gevang op die sirkels, maar op die tweede laaste dag, weereens by Vaalduintjie, gaan ek vas met een meneer van 'n vis.  Die Purglass stokkie lyk omtrent of hy in twee wil knak. Ek tel op en begin die vis in katrol, dit gaan moeilik want daar's heeltyd growwe terrein waaroor ek moet kom, maar ek bring hom.  Hier in die laaste vlak water, ek sien die vis al in die water, kom vis los, een skop van sy propeller en weg is my vis!


Op daardie stadium het dit vir my gevoel ek kan my stok en katrol in die see gooi van teleurstelling/kwaadgeid.  Ek weet nie of die hoek uitgeskeur het nie, en of die sirkel sleg gehaak het nie, maar net daar het ek my vertroue in die sirkels heel verloor. Terug na Katana No:6 en Royichi's vir my.


My aas aanbieding op die sirkels lyk so, miskien kan die manne wat al baie sukses met sirkels gehad het my raad gee of my aas aanbieding reg is?  Ek weet die norm is dat die aas onder aan die sirkel moet hang, maar die man wat dit vir my so gewys het, sweer dit werk, hy hengel dit so, en het al meer as 60 Henties galjoene op sy kerfstok gehad vir sy trippie tot op hede.

visitors can't see pics , please register or login


De Jongh het die twyfelagtige eer gehad om op te eindig met 'n katrol wat se raam gekraak het, en 'n skouer wat nie lekker is van waatlemoen pluk nie, maar ek moet sÍ, vir die oudste lid van die pakkie het ek alle respek vir hom, hy sal menigte jongman stukkend hengel.


Terwyl ek met De Jongh besig is, dankie vir al die vrugte en turksvye teen die see, dit word geniet en met smaak op ge-eet.  Dankie ook vir die lekker toebroodjies elke oggend, dit hou die mae lekker vol.

visitors can't see pics , please register or login


Ehrardt, dankie vir die gebruik van jou bakkie, sonder 'n voertuig kan ons maar die jaarlikse trippie op ons mae skryf.  Ook vir die sorg elke oggend dat al die ase gepak is.  Al waarvoor ek goed is, is om te sorg dat ou Tjoffa se maag vol ys is, en dat die verkyker vol is, en die bar boks koeldrank en water in het.  Hier teen die tweede oggend werk ons roetine redelik op skedule, alhoewel ek normaalweg eers wakker word Írens as ons al teen die see is!


Kobus, dankie vir my uitvreet wat jy soos 'n man gevat het namens my!  Van sit en bollie gesels by die bakkie ja die manne my aan om te skuif na die volgende gat, ek klim agteruit die kroeg om voor na toe te trek.  Aangesien my stok in die waentjie staan, neem ek aan dat my lyn is nie in die water.  Meneer Bles oomblik trek weg, maar sy lyn is in die water, en so maak ek toe al die Natallers wat langs ons gestaan het se lyne bymekaar en ry rustig voort...  Min gespin! Strafbaar ja, ek weet - Bring it On!


Kobus kom op die petalje af, en nodeloos om te sÍ, hy het een baie ongelukkige hengelaar wat hom uitk@k oor daai onverantwoordelike hengelaar in die wit bakkie.  Nou ja, ten minste sal die Oompie sy trippie onthou as gevolg van daai bleskop mal Weskusser...


Dankie aan almal vir die lekker gees, en volgende jaar maak ons weer so!


Kliek op die skakel vir 'n klompie foto's van die trippie.
https://picasaweb.google.com/113845147882385016546/Hentiesbaai2015?authuser=0&authkey=Gv1sRgCJCRyuDo0PmdGA&feat=directlink


As dit stil geraak het, het ek so bietjie rondgespeel as die manne ingooi, aangeheg is 'n paar foto's van die manne as hulle stokke ingooi, kyk net die aksies! 


Nee, ek praat nie van in die glase gooi nie!
visitors can't see pics , please register or login



De Jongh met seer skouer en al laai sy 13vt Loomis & Franklin, wat gepair is met 'n Sealine SL30SH (Oom Chris se ou katrolletjie), gelaai met Kingfisher Bonded Casting Braid
visitors can't see pics , please register or login



visitors can't see pics , please register or login



visitors can't see pics , please register or login



visitors can't see pics , please register or login


Ehrardt laai sy Groen Mamba.
visitors can't see pics , please register or login


Ehrardt laai sy geel slapstok.
visitors can't see pics , please register or login


Jannel laai Ehrardt se Groen Mamba.
visitors can't see pics , please register or login



visitors can't see pics , please register or login



« Last Edit: March 23, 2015, 07:51:40 AM by Koper »

Offline dswart

  • Posts: 167
  • Country: South Africa
Re: Hentiesbaai 2015
« Reply #1 on: March 23, 2015, 01:44:04 PM »
Ivan nice verslag - miskien moet ons jou nominate vir ESA?


Offline dswart

  • Posts: 167
  • Country: South Africa
Re: Hentiesbaai 2015
« Reply #2 on: March 23, 2015, 01:48:39 PM »
Die stok is 'n 2-5oz 12vt Sensation DC Oval blank wat deur email=craig@cds-angling.co.za]Craig Neil[/email][/color][/size][/font](CDS Angling Supplies)van Pretoria gebou is in 'n 13vt konfigurasie.  Die stokkie is gepair met 'n Sealine SL30SH, gelaai met Kingfisher Bonded Casting Braid.  Die blank is gerate tot 5oz, maar Ehrardt het lag lag 6oz plus aas gegooi as die water bietjie sterk was.  Daai blank het nie eens geweet van die ekstra gewig nie!

Wat bedoel jy 'n 12 voet is gebou in 'n 13 voet konfigurasie?

Offline Koper

  • Jack off all trades and master off none.
  • Administrator
  • Posts: 157
  • Keeper of the Koperclan
Re: Hentiesbaai 2015
« Reply #3 on: March 23, 2015, 02:40:08 PM »
Die bud is bietjie extend onder die reelseat na ongeveer 30cm, om verby die ou neef se pens te kom, werk nogal lekker, die ou pens slaan nie die clutch lever so maklik af nie.


'n Paar van ons wat dit eintlik standaard op ons stokke moet laat doen... ;) ;D

Offline Simen

  • Administrator
  • Posts: 179
  • Born to fish, forced to work.
    • www.anglersdigest.co.za
  • Country: Namibia
Re: Hentiesbaai 2015
« Reply #4 on: March 27, 2015, 09:37:46 PM »
My ou mater, baie dankie vir 'n mooi verslag. Jammer die tyd was van so aard dat ons nie saam kon hengel nie.


Groot dankie vir die stop hier by my die oggend, dankie aan jou en ook die ander manne.


Laaste maar nie minste, GROOT DANKIE vir die aflewer van die cruiser, hy het klaar aangepas hier in Namibie.


Kan nie wag vir die volgende kuier nie, hoe het jy nou weer gese, September??


Offline Armand Steenkamp

  • Posts: 24
  • Country: RSA
Re: Hentiesbaai 2015
« Reply #5 on: May 26, 2015, 12:23:42 PM »
Die manne gooi dam saggies jong...  ;)
Ai kopertjie, so loop hy ook seker maar. Kom ons hoop november maand gaan dit met my oraait!

Offline Simen

  • Administrator
  • Posts: 179
  • Born to fish, forced to work.
    • www.anglersdigest.co.za
  • Country: Namibia
Re: Hentiesbaai 2015
« Reply #6 on: May 26, 2015, 10:42:39 PM »
November eers,nou hoe nou jong man?

Offline Armand Steenkamp

  • Posts: 24
  • Country: RSA
Re: Hentiesbaai 2015
« Reply #7 on: May 27, 2015, 10:56:56 AM »
Aai oom Simen dis al tyd wat ek n kaansie het so tussen die singery deur. Hoop maar daar gaan iets aan daaityd

Groetnis