19/02/18 - 17:57 PM


Author Topic: Doodsakker  (Read 2939 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Simen

  • Administrator
  • Posts: 179
  • Born to fish, forced to work.
    • www.anglersdigest.co.za
  • Country: Namibia
Doodsakker
« on: July 12, 2015, 08:57:36 AM »
Voorwoord:
Ek skryf hierdie artikel geensins om jou die skrik op die lyf te jaag nie. Ek skryf dit ook nie om te te vertel dat dit die maklikste rit in die wereld is nie en die stories wat jy hoor maar net stories is nie. Jy gaan jou eie verhaal  vertel en skryf wanneer jy terug is.

In hierdie artikel beoog en poog ek om die gevare en moeilikhede wat daar kan wees aan jou te verduidelik en ook raad en wenke te gee hoe om moeilikheid te vermy.
Nie elke rit het insidente nie. Ons is menigmale daardeur met die rit so sorgeloos dat ons selfs stop (in die gevaar area) om vis te vang, fotos te neem of net die plek te bewonder. Ander kere is daar nie tyd vir kuier nie, dis net klim en ry.
Julle sal sien met die fotos hieronder hoe toestande in n tyd van 2 dae kan verander. Sorgeloos en droog in, 2 dae later vasbyt en so hier en daar nat raak oppad terug.
Die dag in.
[mmg]590[/mmg]
Dieselfde area 2 dae later
[mmg]614[/mmg]
Die Doodsakker suid van Tombwa (Angola) sal n lewenservaring vir almal wees wat dit meemaak. Ongelukkig kan dit of, n baie goeie of baie slegte ervaring  wees.
Baie avonturiers het herinneringe van hierdie kus deel wat hom sy lewe sal by bly.
Met goeie beplanning en voorbreiding  kan jy  die rit wat vir ander n nagmerrie was in een van goeie herinneringe omskep.

Sou jy my vra of ek jou kan waarborg indien jy na al my raad luister en dit noukeurig volg  jou ervaring sonder insidente sal verloop moet ek eerlik antwoord en se "NEE". Elke toer/rit deur die Doodsakker het sy eie uitdaging. Dit kan die weer, water, sand, voertuie, senuwees en selfs bestuursvernuf wees wat vir jou 'n uitdaging kan wees. Jy moet gesonde verstand of soos die Engelse se common sense ook toepas op die oomblik wanneer jy daar is. Wat ek wel sal waarborg is dat jou kanse  om moeilikheid te kry soveel minder  gaan wees indien jy die raad volg.
Jou GPS sal jou vertel waar jy nou is en hoe die terrein is.
[mmg]588[/mmg]
[mmg]161[/mmg]

Toergidse:
Angola stel homself oop aan groepe wat hierdie land kan sien en ervaar. Met die oopstelling is dit vanselfsprekend dat daar verskeie gidse wat toere dus hier aanbied.
Sou jy van 'n gids bebruik maak, kry inligting aangaande jou toer by hom. Vra hom uit oor sy ondervinding van die area wat julle gaan besoek.

Persoonlik maak ek slegs van die dienste van een gids gebruik om my by te staan met my toere. 'n Vriendskap en verhouding wat deur tyd saamgestel is. Enige van my toere is dit die man wat al die Angola reelings doen en sorg dat alles daardie kant glad verloop.

Frans de Wit (Hier gaan ons alweer TV program)
[mmg]680[/mmg]
My vertroue in Frans is van so aard dat ek met 'n geruste hart my toergangers in sy hande plaas vir enige ekskursie wat ons in Angola aanpak.
Frans is 'n man wat seker die gids is met die meeste ondervinding van die Doodsakker. Hy spandeer maklik 300 dae 'n jaar in Angola.
Gedurende 'n jaar neem hy gemiddeld 10 groepe deur die akker, partykeer net eenrigting en ander kere deur en weer terug.
Sy kennis oor Angola as gids strek oor die afgelope 12 jaar. Die  kennis sluit sowel die noorde en die suide in.
Frans is 'n gids wat nie kanse met sy groepe neem nie, hul veiligheid is 'n nommer een prioriteit by hom.
[mmg]616[/mmg]

Seker een van die grootste groepe wat ek en Frans deur die akker geneem het - 2015 - 15 Voertuie - 36 mense
[mmg]586[/mmg]
Ons gaan hier alles bespreek van getye, wind, voertuie, sand water en so meer.
 
Eers net so bietjie agtergrond oor die Doodsakker.

Die Doodsakker is gelee tussen die Kunene mond en die Angolese kusdorpie Tombwa.  Net voor Tombwa draai jy in n suidelike rigting en ry strandlangs vir ongeveer 48km. Hierdie eerste 48km is maklike ry aangesien die strande plat is en daar geen duine tussen jou en die die woestyn is nie.
Net na die 48km merk begin jy enkele duine kry wat ook geen gevaar inhou nie aangesien hulle kort is en jy maklik oor hulle kan ry indien die see nie toelaat dat jy onder die hoogwatermerk ry nie.
 
Kyk na die videos hieronder en verseker jouself dat dit nie die ondervinding is wat jy wil he nie. Let veral op na die klippe in die video waar die voertuie moet verby dit word verder bespreek.
(Verskoon die taal op die eerste video - die man se woordeskat is maar rof)

Om nie so ervaring te he nie kom ons begin:


Beplanning vir so toer begin gewoonlik lank voor die tyd by die huis, selfs dan is daar n hele paar aspekte wat kan help verseker dat dinge glad verloop.
A)     Datums en getye.
Die belangrikste is seker  die datum en gepaard daarmee gaan die getye en maan toestande. Gelukkig is dit 2 aspekte wat n konstant is en jare vooruit beplan kan word.  Let wel, alhoewel ons die getye vooruit kan uitwerk speel die weer n groot rol in die grootte (hoe branders) of kleinheid (klein branders) van die gety op die gegewe oomblik.
Kom ek verduidelik so om n maklike voorbeeld te vorm.
Die gety gaan bv oor 6 maande van nou op n Maandag om 07H00 die oggend laag wees.  Dit gaan halfmaan wees.
Reg, dis n goeie tyd (soos jy huidiglik sien) om onder die hoogwatermerk te kan ry.MAAR  die dag voor die tyd tel die see op (groot branders vorm) en die wind waai sterk. Nou beteken laagwater nie veel nie want die branders is groot en die wind waai hulle ver teen die strand uit. Die teenoorgestelde kan ook gebeur, dis hoogwater maar daar is geen wind of branders nie dan kan jy baie nader aan die water ry as gewoonlik.
Moet nou nie jouself daaroor bekommer nie, jy kan net beplan met wat jy voor jou het, die weer oor 6 maande of n jaar sal die weer wees wat op die oomblik heers, ons werk nou met wat ons het.
Gebruik      http://tides.mobilegeographics.com/locations/3845.html          om na die getye in Angola te kyk veral in die Tigris of Tombwa area.
                 http://www.tides4fishing.com/af/angola/namibe                           
Gebruik     http://www.moonconnection.com/moon_phases_calendar.phtml       om die maanstande in die toekoms te kry.


Beplan jou gety met bogenoemde, kyk veral na waar 'n baie LAE LAAG GETY voorspel word.(Sien foto van TIDAL COEFFICIENT) Onthou jy beplan alles seker 'n jaar vooruit, aanvaar dit so, die maan sal wees soos aangedui, die gety se tyd gaan wees soos aangedui, net die weer kan nie so ver vooruit voorspel word nie. Vertrou die inligting wat jy huidig op hande het.
[mmg]678[/mmg]

Jou ideale tyd is om laagwater in die vroe oggend te he, net so uur of wat na sonop. Die tyd is gewoonlik windstil. Verder wil jy ten minste 1 uur voor laagwater al reeds begin ry, selfs langer indien die toestande dit toelaat.
Kyk na die fotos hieronder, bo se ek probeer 'n laagwater vroeg in die oggend kry. In die maand is daar wel laagwater vroeg MAAR die golwe gaan hoog wees, (TIDAL COEFFICIENT) daarom kies ek toe die later laagwater want die water is platter.
[mmg]676[/mmg]
[mmg]677[/mmg]
Ry eerder vroeer, al keer die water jou voor dat jy op sekere plekke nie kan vorentoe nie. Stop en wag, want jy weet die see sak nog so die water gaan jou binnekort kans see om verby te kom.

Moet nie presies op laagwater die strand aandurf nie want anders ry jy teen stygende water tyd.

Probeer om nie 2 dae voor of 2 dae na volmaan te ry nie, in die dae is daar gewoonlik 'n springgety wat alles deurmekaar kan krap.
[mmg]679[/mmg]

B)      Voertuie
Kry dit tuis al in orde:
Daar is sekere goed aan jou voertuig wat jy by die huis moet doen om jou lewe net soveel makliker te maak in tyd van nood of krisis.
Die een waarmee seker die meeste bestuurders gevang word is die vasgeroeste spaarwiel. Ja daardie een onder die voertuig wat met n ketting of kabel gesak en gehys word, en ook die een op die bak of op die agterste buffer waarvan die moere vasgeroes is of met n ander sleutel as die een wat die wielmoere losdraai losgemaak moet word.
Voordat jy vertrek laat sak die spaarwiel en olie die meganisme, maak die moere van die ander los en olie hulle ook.

Automatiese ratkaste:
Enige gids sal jou vertel dat hy al baie meer as een maal op die radio hoor dat voertuie moet stop want die ratkas oorverhit in die dik sand.
Eeerstens, daar is niks fout met n automatiese ratkas nie. Ook nie met die voertuig wat een in het nie dit en is net so geskik vir die rit as n handrat model. Die probleem van oorverhitting le by die gebrek aan kennis van die bestuurder wat nie weet hoe om so n ratkas te kan gebruik nie.
Daar is baie meer daaraan as dit net in D te sit en te ry, veral as dit by dik sand kom.

Wanneer daar in dik sand gery word sal die voertuig versnel en weer spoed verloor namate die dikte van sand verskil in etlike meters. Omdat die automatiese ratkas self besluit wannner hy meer krag nodig het om te trek of te veel het om te gebruik soek hy self na die volgende rat. Nou vind n oorname oorskakeling van hoe na lae rat plaas en daar is hy - WARM RATKAS.

Gaan gesels met jou voertuig agent, laat die jou verduidelik hoe jou voertuig se ratkas werk. Indien jy nog twyfel nader die raad van n 4 x 4 deskundige. Die Doodsakker is nie die plek om nou skielik te wil leer nie.
Die selfde raad gaan vir die manne met die ratkaste wat of automaties of met handwissel gery kan word. Maak seker jy weet hoe dit werk.
Wees gerus, dit is ook nie so ingewikkeld nie en kan gou geleer word, net n paar klein wenke en demonstrasies van jou agent en jy  skakel daardie oorverhitte ratkas heeltemal uit.

Verkoelers:
Hier hoef jy niks spesiaal te doen nie, maak net seker jou voertuig se verkoeler is vry van gras, goggas en dies meer wat die vloei van wind kan beinvloed.
Dit is wel koeler teen die water maar hou in gedagte dat jou voertuig in die dik sand harder as gewoonlik gaan werk. Indien jy wind af ry teen die kus gaan jy ook nie die koue wind direk van voor  he om te help nie.

Bande:
Maak seker dat al die bande se kleppe n doppie (valve cap) op het en dat dit nie vasgeroes is indien dit metaal is nie. Voor jy gaan draai almal los en smeer so bietjie gries in die doppie voor jy hulle weer opdraai. Die ghries verhoed dat hulle vas roes en by die see is dit n baie vinnige proses. Neem ook so  paar eksta saam vir ingreval een verlore raak. Onthou jy gaan soms deur diep sand en een korreltjie sand in die klep is genoeg om dit te laat afblaas.

Sleepwaens:
Altyd n moeilike een hierdie. Persoonlik sal ek nie n sleepwa op die roete aanbeveel nie. Die sukses van n sleepwa saamneem hang alles van die toestande af wat die dag heers. Die grootste problem egter met n sleepwa is die gewig. Ons maak almal die fout van hoe meer spasie hoe meer pak ons.Dink mooi oor wat en hoe en wat jy pak.
 
 Probeer om n sleepwa wat n dieselfde spoor en dieselfde grondvrye hoogte as jou sleepvoertuig het te koop. Spoor hy nie dieselfde nie moet jou voertuig amper dubbel so hard werk as normaal want die sleepwa moet sy eie spoor trap. Bandwydte maak ook n verskil. Bree bande maak dit baie makliker. Indien moontlik moet dit dieselfde bande as jou sleep voertuig he, dan spaar jy klaar die gewig van n ekstra noodwiel.
 
Die spasie in die Akker is reeds so beperk dat jy ingedagte moet hou indien jy moet omdraai jy heel moontlik die sleepwa eers gaan moet afhaak, dit met die hand omdraai, weer haak en dan terug ry, alles in los sand.
Los die normale pad Venter by die huis. (Die een met die Klein wielietjies). Los jy hom nie by die huis nie gaan jy hom in die duine of in die see los, hy is nie geskik vir die toer nie. Gaan hom noukeurig na, maak sker alles is in orde, hy en jy  gaan swaarkry teen die Angolese kus.

Haak, sleeppunte, toue en wenaste:
Verseker jouself van hierdie punte sowel agter en voor.  Party voertuie het skroefdraad waarin n spesiale haak in gedraai word. Maak seker dat die haak in goeie werkende toestand en die sktoefdraad skoon en ge-olie is.
Elke voertuig moet altyd sy eie sleeptou in he. Gaan die kondisie van die tou, band of kabel na, so ook die verbinding meganismes (D shackles).
Wenaste kan by die huis al getoets word.  Die kabel  kan olie gesmeer , handskoene na gegaan  en die afstandbeheer se kontakpunte weer skoongemaak word.

Radios:
Seker een van die belangrikste artikels op jou toer. Hiermee kan jy mense veilig hou deur vooraf waarskuwings te stuur, weet wanneer iemand in die moeilikheid is en in die algemeen alles net makliker beheer. Jy hoef nie die radios aan te koop nie, hulle kan gehuur word, vind net in jou plaaslike omgewing uit.

Pak van voertuig:
Die area na waar jy gaan het geen kommoditeite nie, so alles wat jy wil he en benodig gaan op en binne jou voertuig wees.
Ons het al almal die prentjie van die motor langs die pad met al sy bagasie rondom dit gepak om by die noodwiel uit te kom gesien. Die noodwiel is gewoonlik heel onder in die kattebak met die domkrag en wiel sleutels binne in dit.
Soos elders genoem jou voertuig se noodwiel is onder, op of binne die bakwerk vas.
Maak seker dat die noodwiel, domkrag en wiel sleutels maklik bekombaar is. Jy moet net jou hand kan uitsteek en dit vat, daar mag dalk nie tyd vir meer as dit wees nie.

Moet ook vir geen oomblik dink dat mens nie op see sand n papwiel kan kry nie, jy kan maklik. Skerp skulpe of n klip net onder die sand het al  papwiele  veroorsaak. Daar kan  selfs  n stadige lekkasie erens anders opgedoen gewees het  en nou besluit dit om n vinnige lekkasie te word sodra jy op jou kwesbaarste is.

Passasiers:
Wanneer jy die roete aanpak gaan jy nie alleen in jou voertuig wees nie, dit gaan of vriende of familie wees wat saam met jou is. Maak seker dat hulle ook weet waar die bostaande artikels is hoe hulle moet hulp verleen indien benodig.

Bykomstighede:
Bykomstighede wat n moet is vir so rit en wat elke voertuig moet he.
Lugpomp (Kompressor)
Banddruk meter.
Sleeptou (verkieslik kineties)
Drukplaat plaat of plank om onder die domkrag te sit sodat dit nie in die sand wegsak nie.
Graaf.

Konfooi:
Ongeag die hoeveelheid voertuie wat saamgaan stel n ry orde vas. Die person wat die konfooi lei gaan jy nie kan skuif nie, maak nie saak watter tipe voertuig hy mee ry nie.
Hier gaan ry orde baie oor spoorwydte  (die afstand tussen die wiele). Plaas voertuie met dieselfde spoorwydte agter mekaar en dan weer ander met n ander wydte na hulle. n Toyota Hilux se spoorwydte is nader aan mekaar as bv n Toyota Landcruiser. Kyk na watter tipe voertuig  gaan lei en pas dan toe soos bo verduidelik. Dit gaan geen verskil maak of bree spoorwydtes voor of agter ry nie, iewers gaan iemand n nuwe spoor moet trap.

Onthou, indien daar n sleepwa of sleepwaens saamgaan moet jy bietjie anders beplan.
As n reel ry die voertuie wat n sleepwa sleep direk agter die voorste voertuig (indien hulle dieselfde spoorwydte het). Indien nie moet hierdie voertuie net na n  voertuig ry wat die eerste nuwe spoor trap.
 
C)      Laaste stop in die beskawing:
Alles is gedoen, jou vakansie begin, jy ry sonder enige teespoed tot by die laaste hervullings punt.
Voor jy daar wegry  moet jy van die volgende baie, baie seker maak.
Jou voertuig moet vol brandstof wees. Moet nie beplan om gedurende die tyd in die Akker  te stop en brandstof uit die spaar kanne in te gooi nie. Jy gooi dit of voor die begin van die Akker in of nadat jy anderkant deur is.
Waterspreier bottle vir die windskerm moet vol wees. Jy ry teen die see en sproei kan jou sig belemmer. Gooi so eetlepel asyn in die houer by die water, dit help om die sout lagie wat op die glas vorm te elimineer.

Die werklikheid:
Vanaf die dorpie Tombwa gaan jy n redelike maklike rit he tot aan die begin van die Akker. Jy gaan wel deur dik sand ry, oor n paar kleinirige duine en selfs n gedeelte op die strand ry.
Kyk na die onderstaande vir 'n volledige verslag met fotos.
http://anglersdigest.co.za/forum/index.php?topic=469.0       (2015 verslag)
http://anglersdigest.co.za/forum/index.php?topic=182.0       (2014 verslag)
In hierdie deel sal jy sommer al dadelik weet wat gaan vir jou voorle. Indien die sand hier reeds al n probleem op die strand is gaan dit nog n groter probleem in die akker wees. Waai die wind die water ver teen die strand op gaan jy meer water vorentoe kry.  KYK NA DIE TOESTANDE WAT HUIDIGLIK HEERS. Hierdie toestande voorspel en maak jou reg vir wat voorle.
Jy gaan heel moontlik hierdie deel op n redelike hoogwater verby ry, dit maak nie saak nie hier is n bree woestyn om in te ry. MAAR HOU DIE TOESTANDE DOP. Golwe  se groottes en windsterkte verander nie sommer omdat die gety verander nie.

Die Doodsakker:
Waar dit begin is waar jy jou besluit gaan neem om te ry of te bly.  Ongeag die besluit neem dit met die huidige toestande in ag en ook die kennis wat jy vooraf ingesamel het waarvolgens jy jou toer beplan het.
Kyk na jou gety,  kyk na die tyd van die getye en kyk na die omgewing om jou.Die water sal sy eie storie vertel. Moenie te veel wik en weeg nie jy sal sommer kan sien of jy kan ry, indien die water hoog teen die duine ophardloop sal jy in elk geval nie kan vorentoe nie. Is die strand mooi oop en geen water teen die duine nie, dan lyk dit reg om te ry. Ook belangrik, indien jy daar kan ry beteken dit ook indien jy vorentoe moet omdraai dat die pad terug oop en rybaar is.
Indien alles gunstig lyk om te ry en die besluit is so geneem.

Gaan die volgende weer na:
Kyk na die ry orde, is almal in hulle ry posisies.
Blaas bande af tot maksimum, ek beveel tussen 0.8 en 1.0 bar aan (sleepwaens nog meer indien moontlik)
Toets die radios.
Maak seker almal dra veiligheids gordels (in die dik sand kan n voertuig skierlik tot stistand kom).
Ry nie nader as 50m aanmekaar nie (dit gee genoeg tyd om die voorste voertuig se moeilikheid te sien en te vermy.)
Bly so ver moontlik in die spore voor jou.
Moenie tyd mors nie ry (kondisies bepaal ry spoed en of dit stilhou toelaat)
Die voorste voertuig moet agtertoe rapporteur aangaande die toestande.
Indien n voertuig moeilikheid kry, wat is die plan van aksie.

Vorentoe is daar rotse of klippe waar jy verby moet kom. Die begaanbaarheid om die rotse of klippe wissel  aangesien die see toestande hierdie klippe oop of toespoel. Sou hulle toe gespoel wees ry of oor of deur hulle. Indien hulle heeltemal oopgespoel is moet jy om hulle aan die water se kant en dit kan so bietjie nat raak.
Stop, hou die see dop en kyk of die water jou kans gaan gee om droog om te ry. Kry jou tydsberekening reg en as die see terug trek ry om die klippe ver genoeg om vir die volgende voertuig plek te laat. Wanneer hy deur is wag hy weer  vir die volgende een voor hy  verder ry, so herhaal die proses hom totdat almal verby is.
Sou die see jou nie kans gee om droog om die klippe te kom nie moet die voorste voertuig voor die klippe stop en die mense moet eers te voet deurgaan en kyk hoe diep en sterk die water is. Daar bepaal jy of jy kan deur of moet omdraai. Ons neem hier aan julle sal kan deurkom. Kry een  voertuig  deur  (gewoonlik die sterkste of een men n wenas.) Hy  staan  dan in gereedheid aan die anderkant van die klippe indien hy skielik iemand moet haak en deursleep.
Moet nie tyd mors nie, kry die voertuie verby en ry verder.

Slotsom.
 
Maak nie saak hoe ek of jy na die Doodsakker kyk nie, dit bly gevaarlik.
Beplan jou toer behoorlik. Maak seker jy gebruik 'n ervare gids indien jy van een gebruik gaan maak.


Jy het nou gesien waar jy verandering kon maak met die intog, pas dit nou toe met jou pad uit, onthou KYK NA DIE KONDISIES dit kon oornag verander het.
Dieslefde reels wat jy toegepas het met die intog geld vir die terug ry.

Ek hoop regtig jy het jou rit deur die Doodsakker geniet, dat die wenke gehelp het en dat jy nog vir jare daaroor sal praat.

Deel asseblief hierdie ervaring met ons deur of 'n video of fotos hier op die forum te plaas.
« Last Edit: July 31, 2015, 10:04:29 PM by Simen »

Offline Simen

  • Administrator
  • Posts: 179
  • Born to fish, forced to work.
    • www.anglersdigest.co.za
  • Country: Namibia
Re: Doodsakker
« Reply #1 on: July 31, 2015, 10:11:45 PM »
Admin 2653(Test)